DStv Channel 403 Monday, 10 February 2025

Protesoptrede teen rasteikens vir werkplek beplan

CENTURION, GAUTENG - Meer as 20 organisasies en meningsvormers het 'n resolusie teen die Wysigingswet op Gelyke Indiensneming onderteken.

Die partye het vir 'n werkswinkel, wat deur Solidariteit gefasiliteer is, bymekaar gekom om protes teen die wetgewing te beplan.

Die konsepregulasies stel rasteikens vir elke provinsie waaraan ondernemings binne vyf jaar moet voldoen.

Dit geld vir alle ondernemings met meer as 50 werknemers.

Solidariteit se navorsing wys dit is nie moontlik om dié teikens te haal sonder dat duisende bruin-, wit- en Indiër-werknemers hul werk verloor nie.

You May Also Like