Pukdorp heet nou Siya Kolisi: "Naam verander, maar ons tradisies bly"

Potchefstroom, Noordwes - Die Noordwes-universiteit se rugbykoshuis heet nou amptelik Siya Kolisi.

PukDorp, wat in 2004 gestig is, is na die Springbokkaptein vernoem.

Die koshuis het sedert 2023 as Dennedorp bekend gestaan nadat inwoners vanaf die Potchefstroomkampus na die Dennepark-verblyfeenhede geskuif het.

Die Springbokafrigter Rassie Erasmus het op dieselfde perseel nóg 'n sportkoshuis genaamd Invictus ingewy.

You May Also Like