Werkers in Suid-Afrika se rolprent- en televisiebedryf eis optrede nadat die Departement van Handel en Nywerheid versuim het om produksie-aansporings toe te ken. Dit het plaaslike sowel as buitelandse produksies tot stilstand gedwing, met werksgeleenthede en inkomste wat met byna 50% gedaal het. Na raming is sowat R3,8 miljard aan buitelandse inkomste reeds verlore sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie. Rolprentspanne van Kaapstad het vroeër ’n memorandum van eise aan die Parlement se komitee vir handel, nywerheid en mededinging oorhandig.