DStv Channel 403 Saturday, 20 April 2024

Ramaphosa hoor Maandag oor hofaansoek teen Zuma

Pres. Cyril Ramaphosa voer aan Zuma se regsoptrede teen hom is 'n misbruik van die private vervolgingsproses.

JOHANNESBURG, GAUTENG - Uitspraak sal Maandag 16 Januarie gelewer word in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om 'n stokkie te steek voor oudpres. Jacob Zuma se plan om hom privaat te vervolg.

Die aansoek is Donderdag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor.

Zuma glo die staatsaanklaer in sy korrupsiesaak, adv. Billy Downer, het vertroulike mediese inligting aan die joernalis Karyn Maughan uitgelek.

Volgens die oudpresident het Ramaphosa versuim om teen Downer op te tree.

Paid Content