DStv Channel 403 Monday, 10 February 2025

Red ons radiostasie, vra kinderpasiënte

KAAPSTAD, WES-KAAP - 'n Radiostasie in Kaapstad wat 'n toevlug vir kinderpasiënte en hul geliefdes is, moet dalk binnekort hul deure sluit.

RX Radio word al ses jaar lank by die Rooikruis-kinderhospitaal vervaardig en uitgesaai.

Die meeste van die programme word aangebied deur kinderpasiënte met chroniese siektes.

Die stasie is aanvanklik deur die kinderhospitaaltrust ondersteun, maar dié ooreenkoms het onlangs tot 'n einde gekom, en nou het hulle dringend befondsing nodig.

You May Also Like