DStv Channel 403 Thursday, 25 April 2024

Regter beveel vervoerdepartement om teen taxiverenigings op te tree

Johann Ferreira van Intercape kla al jare lank by die vervoerdepartement oor intimidasie en aanvalle deur taxi-verenigings.

Die hoof van ‘n langafstandbusmaatskappy sê sy suksesvolle hofstryd teen onder andere die minister van vervoer, Fikile Mbalula, was nie net vir hom nie, maar vir elke sake-eienaar in Suid-Afrika.

‘n Regter in die hooggeregshof in Makhanda in die Oos-Kaap het beveel dat Mbalula en sy departement moet seker maak dat langafstandbusbestuurders en hul passasiers veilig is.

Johann Ferreira van Intercape sê hy is geteiken omdat hy geweier het om omkoopgeld aan taxibase te betaal.

Paid Content