'n Renosterkalfie wat in 'n haglike toestand gevind is, sterk goed aan by die Care for Wild-renosterskuiling in Mpumalanga.
Die kalfie is alleen in die noorde van die groter Krugerwildtuin-gebied gevind.
Danksy noodbehandeling is sy in die veld gestabiliseer en toe na die skuiling geneem.
Volgens die jongste beskikbare statistieke is 103 renosters in die eerste drie maande van die jaar gestroop.