Die jongste statistieke oor renosterstropery wys Suid-Afrika se renosters is steeds onder beleg.
Die departement van bosbou, vissery en omgewing het gister 'n geringe afname in die getal renosters wat gestroop is aangekondig.
Hulle sĂȘ wel samewerking tussen die polisie, bewaringsowerhede en internasionale organisasies is besig om vrugte af te werp.
Renosterstropers het egter nou hul visier op KwaZulu-Natal gerig, waar 'n skerp toename gesien word.