'n Produksie wat reeds gehore landwyd, en selfs by die Oppiwater-kunstefees aangeraak het, het dié week feesgangers by Aardklop die sneesdoekies laat uithaal.
In die eenvroustuk "Routrip" bied Elzabé Zietsman 'n blik op die reis met depressie.
Die skrywer, Johann Slabbert, het die tragikomedie gebaseer op 'n vriend se persoonlike verhaal.
"Routrip" het in 2023 gedebuteer en is reeds benoem vir 'n Woordtrofee, asook 'n Naledi-teatertoekenning vir die beste vertolking in 'n soloproduksie.
"Routrip" word nog tot Saterdag by Aardklop opgevoer.