PRETORIA - Danksy 'n ooreenkoms tussen 'n voedselhulporganisasie en die regering is duisende honger mae die laaste paar maande gestil.
DiƩ suksesvolle projek tussen SA Harvest en die regering se Solidariteitsfonds kom hierdie week tot 'n einde, met meer as 9 000 kospakkies wat vir oulaas uitgedeel word.