SA help binnekort mense maan toe stuur

Dié projek gaan nie net die plaaslike ekonomie 'n hupstoot gee nie, maar ook internasionale vaardighede na Suid-Afrika bring.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap, Sansa, en die Amerikaanse Ruimte-agentskap, Nasa, gaan saamwerk om 'n sogenaamde Buitenste Ruimtegrondstasie in die Karoo te bou.

Die besturende direkteur van Sansa, Raoul Hodges, het aan eNuus gesê dié ambiseuse projek gaan binne die volgende twee jaar in Matjiesfontein in die Wes-Kaap gebou word.

Source
eNuus

Paid Content