KAAPSTAD, WES-KAAP - Navorsing by by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie oor die kenmerke van rooibos wat kan help om kanker te voorkom, lewer reeds belowende resultate op.
Een van die navorsers wat hieraan werk, Shaynah de Bruyn-Orr, is een van drie wetenskaplikes wat onlangs by die Afrika Bio-handelfees in Johannesburg vereer is.