DStv Channel 403 Friday, 26 April 2024

SA Toerisme skop vas oor R1 miljard-sokkerborgskap

Die organisasie hou vol die ooreenkoms maak kommersieël sin.

JOHANNESBURG, GAUTENG - SA Toerisme het hul voorgenome ooreenkoms om 'n sokkerklub van die Engelse premierliga te borg, heftig verdedig.

Dit het aan die lig gekom dat die bemarkingsorganisasie 'n borgooreenkoms van byna 1-miljard-rand met Tottenham Hotspur wil sluit.

Die besluit is deur verskeie partye en organisasies gekap.

Die DA het aan die minister van finansies geskryf en vra dat die fondse hertoegewys word om diesel vir Eskom aan te skaf.

SA Toerisme sê egter dis hul mandaat om Suid-Afrika plaaslik én internasionaal as toeristebestemming te bemark.

Paid Content