SA vrou skuldig aan moord op drie dogters in Nieu-Seeland

‘n Nieu-Seelandse jurie het die Suid-Afrikaner Lauren Dickason skuldig bevind aan die moord op haar 3 dogtertjies.

Dickason het tydens die verhoor erken sy het die sesjarige Liané en die tweejarige tweeling Maya en Karla in 2021 doodgemaak, maar aangevoer dat sy nie toerekeningsvatbaar was tydens die gebeure nie.

Ná die uitspraak het haar ouers in ‘n verklaring gepleit vir meer begrip vir vroue wat sukkel met nageboortelike depressie.

You May Also Like