’n Doyenne van Suid-Afrikaanse teater en, vir sommige, ons eie Meryl Streep.
Die 79-jarige Sandra Prinsloo het met haar uiteenlopende rolle in meer as 120 produksies ’n huishoudelike naam geword.
Maar buiten haar grensverskuiwende vertolkings, het sy ook nie geskroom om maatskaplike en politieke kwessies in haar werk aan te pak nie.
Die Noordwes-Universiteit het haar gisteraand met ’n eredoktorsgraad vereer vir haar uitnemendheid.
Eugenie Gregan doen verslag.