See van sonneblomme by wynlandgoed betower besoekers
Somerset-Wes, Wes-Kaap - Kenners is in vervoering oor 'n see van sonneblomme wat naby Somerset-Wes in die Wes-Kaap begin blom het.
Die blomme, by die Vergelegen Wynlandgoed, is besig om talle besoekers vanoor die land te lok.
Dis op 'n stuk grond van een hektaar en is deel van die jaarlikse Sonneblomfees.