Die Global Sumud-flottielje, die grootste maritieme sending nóg, is na Gaza op pad om deur Israel se blokkade te probeer breek.
Dit sluit in meer as 50 vaartuie, met 350 aktiviste van 44 lande, aan boord.
Wyle oudpresident Nelson Mandela se kleinseun, Mandla Mandela, en die Sweedse aktivis Greta Thunberg is ook deel van die sending.
Vandag berig organiseerders dat een van hul bote gisteraand naby Tunisië deur ’n hommeltuig getref is en ’n brand aan boord veroorsaak het, maar die owerhede daar ontken dit.
eNuus se Louise Ferreira het Sondag met ses lede van die Suid-Afrikaanse afvaardiging gepraat.