Sesjariges sê hul sê oor Eskom

Graad 1’s van die Laerskool Fairland het hulle mening oor die land se kragverskaffer met eNuus gedeel.

JOHANNESBURG - Die nuwe skooljaar het begin met fase 6-beurtkrag.

eNuus se Eugenie Gregan het daarom by 'n paar sesjariges op hulle eerste dag in die grootskool gaan uitvind hoe húlle reken Eskom reggeruk kan word.

Die graad 1-klas van 2023 ken immers nie 'n lewe vóór kragopwekkers en sonpanele nie.

En dié kleingoed het allerlei groot planne vir die kragverskaffer.

Paid Content