Sin, cos en tan kinderspeletjies by Wiskunde-olimpiade

JOHANNESBURG - Suid-Afrika se Wiskunde-onderrig is al beskryf as 'n nasionale krisis wat ekonomiese ontwikkeling kniehalter.

Deur verskeie inisiatiewe aan te bied, probeer die Suid-Afrikaanse Wiskunde-stigting dié studieveld 'n hupstoot gee.

Die laaste rondte van die stigting se Wiskunde-olimpiade is Woensdag landwyd geskryf.

Dit is die grootste olimpiade in die land, met meer as 80 000 leerlinge wat vanjaar aan die eerste rondte deelgeneem het.

You May Also Like