DStv Channel 403 Friday, 26 April 2024

SKOLE BEGIN WOENSDAG, MAAR...

Daar is wéér 'n tekort aan skoolplasings vir kinders in die land se digsbevolkte provinsie.

Die nuwe skooljaar begin Woensdag in die binneland, maar meer as 'n duisend leerlinge in Gauteng gaan nog nie by 'n skool kan aanmeld nie.

Honderde ouers het Dinsdag by die provinsiale onderwysdepartement se distrikskantore aangeklop.

Die departement het belowe die graad 1- en graad 8-leerlinge sal voor einde Januarie in skole geplaas word.

Die gebrek aan genoeg skole in die provinsie is weer as 'n reuseprobleem uitgelig.

Paid Content