MITCHELLS PLAIN, WES-KAAP - Die volgende berig kan kykers ontstel.
Net 11 dae voordat 'n 14-jarige meisie van Mitchells Plain op die Kaapse Vlakte se droom bewaarheid sou word om een van die toeskouers by die Netbal-Wêreldbekertoernooi te wees, is haar lewe skielik kortgeknip.
Naeema Marshall van Beacon Hill High School het tydens die wintervakansie by haar tannie in Eersterivier gekuier toe 'n 14-jarige seun haar in die kop geskiet het.
Die seun, wat glo by 'n bende betrokke is, is intussen in hegtenis geneem.