Skrywer C. Johan Bakkes sterf: "Hy het na die 'ste-ste' gereis én geleef"

Die skrywer C. Johan Bakkes word onthou as onverskrokke wêreldreisiger en een van Afrikaans se mees kleurryke storievertellers.

Bakkes is Dinsdag in die ouderdom van 68 oorlede ná 'n stryd teen kanker.

Sy ouers was die skrywer Margaret Bakkes en die geskiedkundige Cas Bakkes.

Hy word oorleef deur sy vrou Nanna, hulle kinders, kleinkinders, en sy broers en suster.

You May Also Like