DStv Channel 403 Saturday, 27 April 2024

Slangbytseisoen: tekort aan teengif 'n reuse-probleem

‘n Teengif is dikwels die enigste redding, sou jy deur ‘n kobra of 'n adder gebyt word.

MULDERSDRIFT - Die Afrika-Slangbytinstituut waarsku dat die tekort aan teengif in Suid-Afrika tot erge weefselskade en selfs mense se dood kan lei as hulle deur 'n slang gebyt word.

Volgens die instituut sukkel hospitale, mediese dokters en veeartse al maande lank met voorraad.

Die Nasionale Gesondheidslaboratoriumdiens, wat die teengif vervaardig en versprei, sê die tekort is te wyte aan onbestendige kragverskaffing en die beskikbaarheid van ingevoerde produkte.

Paid Content