In 'n wêreld-eerste gaan renosterstroping nou met behulp van kerntegnologie bekamp word.
Ná ses jaar se navorsing en 'n suksesvolle toetsfase is die Universiteit van die Witwatersrand se Rhisotope-projek volstoom in werking gestel.
Deur radioaktiewe stof in die renoster se horing te plaas, kan gestroopte horings nou wêreldwyd deur veiligheidsinfrastruktuur opgespoor word.
Buiten dat die waarde van die horings vir eindverbruikers verminder, kan wildsmisdadigers ook swaarder gestraf word indien hulle met radioaktiewe materiaal betrap word.
eNuus se Eugenie Gregan was deel van 'n mediagroep wat na Limpopo genooi is om te sien hoe die wetenskaplikes te werk gaan.
Die renosters se presiese ligging word vir hulle veiligheid weerhou.