WESSELSBRON, VRYSTAAT - Dit is 'n mylpaaljaar vir die sportmal Simphiwe Ditshaba van die Hoërskool Sandveld op Wesselsbron.
Nie net het hy Sondag 13 jaar oud geword nie.
Hy het ook onlangs splinternuwe lemme gekry sodat hy sy sportdrome kan najaag.
Simphiwe se bene en sy regtervoorarm is op 7-jarige ouderdom geamputeer nadat hy bloedvergiftiging opgedoen het.
Tog is hy vasbeslote om Suid-Afrika eendag by die Paralimpiese Spele te verteenwoordig.