"Speelgoed van glas" bekyk brose gesin, onvervulde drome

Die 21ste Innibos-kunstefees het weer 'n verskeidenheid toneelstukke, musiekkonserte, boekgesprekke en gesinsvermaak gebied.

Buiten verskeie debuutproduksies, het feesgangers ook 'n kans gekry om een van die jaar se moet-sien-teaterstukke te beleef.

"Speelgoed van Glas" is 'n verwerking van die Amerikaanse dramaturg Tennessee Williams se stuk "The Glass Menagerie".

Die produksie is met verskeie toekennings by die Woordfees bekroon.

You May Also Like