’n Hart van yster op die rugbyveld, maar ook ’n man met ’n hart van goud van die veld af.
Dit is hoe die Springbokvleuel Cornal Hendricks beskryf word nadat hy Woensdag aan ’n hartaanval gesterf het.
Hendricks was 37 jaar oud.
Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, en die Suid-Afrikaanse rugbygemeenskap het aan hom hulde gebring.