Suid-Afrikaners weet al lankal dat ons van die beste biefstuk in die wêreld voorsit. Vanjaar is dit opnuut bevestig.
Twee plaaslike ondernemings het die lys van die wêreld se 101 beste steakrestaurante gehaal.
Die Stellenbosse restaurant VUUR is as Afrika se top-steakhuis bekroon, terwyl Johannesburg deur The Blockman verteenwoordig word.
eNuus se Eugenie Gregan het by laasgenoemde gaan aansit.