"Tannie Karin" is kinderslagoffers se stem

Duisende kinders in Suid-Afrika is elke jaar slagoffers van ernstige misdade.
Vir 'n kind om daarna by 'n getuiebank te moet inskuif, kan dikwels die trauma vererger.
Dit is dán wanneer forensiese maatskaplike werkers, soos kaptein Karin Botha, hulle stem is.
Die 40-jarige Botha se loopbaan, het by die destydse Christelike Maatskaplike Raad begin, waarna sy in 2015 by die polisie aangesluit het. Sedertien was haar assesserings en getuienis deurslaggewend en is haar werk met verskeie toekennings vereer.

You May Also Like