Die rugbygemeenskap het hulde gebring aan 'n sagmoedige reus en gentleman van dié spel.
Die oud-Springbokkaptein, Theuns Stofberg, is Woensdagoggend oorlede nadat hy Maandagaand ernstig beseer is in 'n trompop botsing buite Stellenbosch.
SA Rugby sê die 68-jarige Stofberg was 'n wonderlike ambassadeur wat die kameraderie van dié sport hoog op prys gestel het.