KAAPSTAD, WES-KAAP - Duisende Suid-Afrikaners hoop dat hulle die ontvanger kan word van 'n orgaan- of kornea-oorplanting.
Maar die kans is helaas skraal, want medici reken Suid-Afrika het een van die laagste orgaanskenkingsyfers ter wêreld.
Augustus is Orgaanskenkingsmaand.
eNuus se Kevin Brandt het met 'n tienermeisie gesels wat by Suid-Afrikaners pleit dat hulle moet registreer om hul organe te skenk.