DStv Channel 403 Friday, 26 April 2024

Toenemende aantal eise weens beurtkrag

'n Versekeringskenner waarsku dat verbruikers pro-aktief moet optree om seker te maak hulle is voldoende verseker.

Die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging waarsku verbruikers om alles in hul vermoë te doen om moontlike skade aan eiendom weens beurtkrag te voorkom of te verminder.

Hulle sê daar word 'n groot aantal eise wat met beurtkrag verband hou, ontvang.

En, weens die volume en waarde van eise, word versekeraars genoop om veranderings aan die onderskrywingsvoorwaardes te maak.

Paid Content