DStv Channel 403 Thursday, 18 April 2024

Tshwane-metro wil terug hof toe oor vlugtelinge

Vlugtelinge wat meestal van die DRK afkomstig is, leef al maande lank op die sypaadjie voor die kantoor van die VN se vlugtelingagentskap in Pretoria.

PRETORIA - Die Tshwane-metro gaan aansoek doen om verlof tot appèl teen ’n hofbevel wat bepaal dat hulle tydelike behuising aan sowat 70 vlugtelinge moet verskaf.

Die vlugtelinge hou al etlike maande lank 'n sitstaking voor die kantoor van die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap in Pretoria.

Die hooggeregshof in dié stad het beveel dat, indien die groep nie die perseel teen 29 Augustus ontruim nie, hulle verwyder moet word en die metro hulle ses maande lank moet huisves.

Die metro se appèl vertraag egter nou die proses, en inwoners is moedeloos.

Paid Content