PALM RIDGE, GAUTENG - 'n 37-jarige man van Zimbabwe het in die Palm Ridge-landdroshof in Gauteng verskyn in verband met 'n dubbele moord.
Pardon Danhire word daarvan aangekla dat hy Nadine Terblanche en haar 9-jarige seun, Ruandré Vorster, in Alberton vermoor het.
Danhire het nie om borgtog aansoek gedoen nie en bly in aanhouding.