Twee jong sokkerspelers en twee afrigters het Woensdagmiddag op die Kaapstad Internasionale lughawe geland nadat hulle groep van 28 vir tien dae in Europa gestrand was.
Toe hulle uit Spanje wou terugvlieg nadat hulle aan 'n sokkertoernooi deelgeneem het, het hulle ontdek dat geen terugvlugte bespreek is nie.
Skenkers kon danksy die organisasie Coloured Girls Rock en die radio-persoonlikheid, Tracey Lange, die bykomende koste dek.