Tweede verdagte in Alberton-moorde verskyn

KATLEHONG - Die kêrel van 'n vrou wat grusaam saam met haar seun in Alberton aan die Oos-Rand vermoor is, het Maandag in die landdroshof in Palm Ridge verskyn.

Freddie Stapelberg word nou ook van die moorde op Nadine Terblanche en die 9-jarige Ruandré Vorster aangekla.

Dit nadat die gesin se tuinier, Pardon Danhire, reeds verlede jaar op die dag van die moorde in hegtenis geneem is.

Danhire en Stapelberg se sake sal na verwagting later saamgevoeg word.

Paid Content