DStv Channel 403 Thursday, 18 April 2024

Uileherberg vra hulp na erge brandskade

‘n Brand het twaalf aanhoudingskampe van die Owl Rescue Centre in Hartbeespoort vernietig en skade van derduisende rande aangerig.

HARTBEESPOORT - Meer as 70 uile wat weens siekte of beserings rehabilitasie ondergaan het, moes voortydig vrygelaat word nadat 'n deel van hul woning in 'n brand vernietig is.

Die brand het Saterdagmiddag op die Owl Rescue Centre in Hartbeespoort se buurplaas ontstaan.

Sowat die helfte van die sentrum se perseel is deur die vlamme geraak en talle aanhoudingskampe is vernietig.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Paid Content