PRETORIA - Danksy die ooms en tannies op TikTok, durf 'n sesjarige van Soshanguve nou sy skoolloopbaan in Afrikaans aan.
Die Gautengse onderwysdepartement het Thabang Khoaisi kort voor die aanvang van die skooljaar by die Laerskool Hermanstad in Pretoria-Wes geplaas.
Saam met Tshivenda, Engels en die Sepitori-dialek word Afrikaans nou ook in die Khoaisi-huishouding gehoor.