Van stembus tot skandaal: Die stories waaroor Suid-Afrikaners praat

In vandeesweek se episode van Wat sê die Nuus? gesels Elsa en Percivale oor die grootste stories in Suid-Afrika én wat Suid-Afrikaners raak.

Van politiek en korrupsie, tot skokhoë brandstofpryse en verbruikersdruk - en natuurlik sport.

Die datum vir die munisipale verkiesing is vandeesweek aangekondig – 4 November 2026. Wat is Suid-Afrikaners te wagte in die volgende maande? Politiekery, moddergooi en nog veel meer.

En waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie. Die span bespreek ook die R285 miljoen handboektender wat ondersoek word. Dis ’n storie wat miljoene leerders raak en groter vrae laat ontstaan oor aanspreeklikheid en die toekoms van onderwys in Suid-Afrika.

Op ’n ligter noot kyk hulle na die wêreld van sport, insluitend die enorme finansiële inspuiting van die Sokker-Wêreldbeker, en wat dit vir Suid-Afrikaanse sportontwikkeling kan beteken.

You May Also Like