Veelpartyhandves: "Historiese gesprekke" begin

KEMPTON PARK, GAUTENG - Die samesprekings om 'n veelparty-pakt vir volgende jaar se algemene verkiesing te vorm, het begin.

Die DA, IVP, Vryheidsfront Plus en ActionSA neem saam met die United Independent Movement, Spectrum National Party en Independent South African National Civic Organisation aan die konvensie deel.

Hulle het ooreengekom op verskeie prioriteite, waaronder ekonomiese groei, die afskaffing van beurtkrag, basiese dienslewering en om wet en orde te herstel. 

Die konvensie word deur prof. William Gumede van Wits se skool vir staatsbestuur gelei en vind by Emperors Palace plaas.

You May Also Like