Veiligheid in feestyd top prioriteit vir Stad Johannesburg

Die Stad Johannesburg waarsku dat daar dié feestyd geen genade vir dronkbestuurders en misdadigers sal wees nie.

JOHANNESBURG - Dronkbestuurders, spoedvrate en diegene wat hul selfone gebruik terwyl hulle bestuur, is die komende feestyd in die Johannesburgse metropolisie se visier.

Die stad se departement van openbare veiligheid het Dinsdag hul jaarlikse veldtog vir die feestyd bekendgestel.

Gauteng het verlede jaar 'n styging van 15,5% in padsterftes gedurende dié tydperk aangeteken.

Source
eNuus

Paid Content