SIMONSTAD, WES-KAAP - Een van die grootste maritieme soek- en reddingsoperasies die afgelope paar dekades.
Dis hoe owerhede die dramatiese gebeure bestempel nadat ses vissermanne langs die Wes-Kaapse kus vermis geraak het.
Die vissermanne van Houtbaai en Hawston is na vier dae met hul families en vriende in Simonstad herenig.