Danksy 'n robot as assistent kan chirurgiese prosedures nou minder ingrypend uitgevoer word.
Die Versius-chirurgiese robotstelsel is onlangs vir die eerste keer by die Universitas- akademiese hospitaal in Bloemfontein gebruik.
Die stelsel, wat deur die maatskappy CMR Surgical ontwikkel is, is die eerste van sy soort in Suidelike Afrika.
Die aansienlike aanwins vir die hospitaal is deur die Vrystaatse gesondheidsdepartement moontlik gemaak.