JOHANNESBURG, GAUTENG - Van die beeldmateriaal in hierdie berig kan kykers ontstel.
Duisende konyne is die laaste paar maande dood weens 'n uiters aansteeklike virus.
Die virus lei tot hemorragiese konynsiekte, wat interne bloeding in konyne en hase veroorsaak.
Die siekte saai tans verwoesting in Gauteng nadat dit einde 2022 in die Noord- en die Wes-Kaap uitgebreek het.
Buiten die ekonomiese impak op boere en telers, sowel as eienaars wat geliefde troeteldiere verloor, is daar ook kommer oor die ekologiese gevolge.