DStv Channel 403 Saturday, 20 April 2024

Voorgestelde verbod op pitbulls opnuut in soeklig

Sommige mense meen hulle is aggressief en onbeheerbaar terwyl ander sê dis onverantwoordelike eienaars wat dié honderas 'n slegte naam gee.

PRETORIA, GAUTENG - 'n Aanlyn versoekskrif om pitbulls as troeteldiere in Suid-Afrika te verbied, is al deur meer as 100 000 mense onderteken.

Die Sizwe Kupelo-stigting het die petisie in Oktober 2022 opgestel nadat die 10-jarige Storm Nuku in Gqeberha deur twee pitbulls doodgebyt is.

Ondersteuning vir die voorgestelde verbod het toegeneem nadat die 8-jarige Olebogeng Mosime in Bloemfontein deur bure se pitbull verskeur is.

Paid Content