DStv Channel 403 Wednesday, 24 April 2024

Voortdurende beurtkrag vernietig landboubedryf

Eskom het tydens ‘n nuuskonferensie gesê hulle oorweeg dit om boere van fase ses beurtkrag kwyt te skeld.

Agri SA se adjunkpresident, Nicol Jansen, sê met tussen ses en agt ure beurtkrag per dag is daar eenvoudig nie genoeg ure van elektrisiteit beskikbaar om voldoende water op die besproeiingsgewasse toe te dien nie.

Verlede week het honderde besproeiingsboere en werkers in die Noord-Kaap met hul trekkers die strate ingevaar om teen Eskom en beurtkrag te betoog.

Die landboubedryf doen ook ‘n beroep op Eskom om boere se beurtkrag te verminder in die tye wat hul oeste skade kan opdoen.

Eskom het tydens ‘n nuuskonferensie gesê hulle oorweeg dit om boere van fase ses beurtkrag kwyt te skeld.

Paid Content