DStv Channel 403 Thursday, 18 April 2024

Vredefort-waterkrisis: "Ons is nie veilig nie"

Die dorp steier al jare lank onder waterprobleme, met krane wat soms dae lank droog bly.

VREDEFORT, VRYSTAAT - Inwoners van Parys en Vredefort in die Vrystaat vrees dat cholera nóg lewens hier gaan eis.

Dié dorpe se watertoevoer is al jare lank onbetroubaar en die watergehalte is swak.

'n Watermonster wat AfriForum en Save Ngwathe onlangs in die Vaalrivier geneem het, is positief vir cholera getoets.

Nege gevalle van die siekte is al in dié twee dorpe aangeteken, met 'n 33-jarige vrou van Vredefort wat dood is.

Paid Content