Vroue pak 1 480 km aan vir behoeftige kinders

PRETORIA, GAUTENG - Ses vroue begin 30 Januarie 2023 met 'n staptog van 1 480 kilometer ten bate van minderbevoorregte kinders.

Dit is die tweede keer wat die organisasie Dynamic Women for Children hul Cape2Care-projek aanpak. 

Die vroue gaan in Vereeniging wegtrek en beplan om oor net minder as drie weke in Hartenbos te eindig.

Die volledige roete is op hul webwerf beskikbaar: www.cape2care.dwfc.org.za

You May Also Like