PRETORIA, GAUTENG - Die Nasionale Dieretuin in Pretoria is onlangs vir hul teelprogram vir 'n kritiek bedreigde skilpadspesie vereer.
Hul reptielspan is met die Pan-Afrika-vereniging vir Dieretuine en Akwariums se bewaringstoekenning bekroon.
Dit is danksy Chadané Pretorius en Kabelo Segodi se jarelange werk om met die Afrika-pannekoekskilpad te teel.
Sover bekend is dit eerste instansie in Suid-Afrika wat dit suksesvol kon regkry.