Vroue in wetenskap wen veld in SA

KAAPSTAD - Die internasionale dag vir vroue en meisies in die wetenskap is Sondag gevier.

Volgens data van die Verenigde Nasies is slegs 'n derde van wetenskaplike navorsers wêreldwyd vroue.

Hier in Suid-Afrika is daar wel goeie vordering op dié gebied.

Die aantal vroue doktorale studente wat deur die Nasionale Navorsingstigting befonds word, het tussen 2016 en 2021 met 16 persent toegeneem.

Paid Content